Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Meetkunde - Graad 10

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

Affiliated with (What does "Affiliated with" mean?)

This content is either by members of the organizations listed or about topics related to the organizations listed. Click each link to see a list of all content affiliated with the organization.
  • FETWisk display tagshide tags

    This module is approved and included inLens: Siyavula: Wiskunde (Gr 10 - 12)
    By: Siyavula

    Review Status: Approved

    Click the "FETWisk" link to see all content affiliated with them.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Inleiding

Meetkunde (Grieks: geo = aarde, metria = meet) het ontstaan as die veld van kennis van ruimtelike verbande. Dit was een van die twee velde van pre-moderne wiskunde. Die ander veld was die studie van nommers. In die moderne tyd het meetkundige begrippe baie kompleks en abstrak geraak en is dit skaars herkenbaar as 'n uitvloeisel van vroëe meetkunde.

Navorsingsprojek: Die geskiedenis van Meetkunde

Werk in pare of groepe en bestudeer die geskiedenis van die onstaan van meetkunde. Beskryf die verskillende stadiums van ontwikkeling en hoe meetkunde later gebruik is deur mense om hul lewens te verbeter. Die lys van stadiums moet dien as 'n riglyn en hoef slegs die minimum vereistes te beskryf.

  1. Antieke Indiese meetkunde (c. 3000 - 500 V.C.)
    1. Harappanse meetkunde
    2. Vediese meetkunde
  2. Klassieks Griekse meetkunde (c. 600 - 300 V.C.)
    1. Thales en Pythagoras
    2. Plato
  3. Hellenistiese meetkunde (c. 300 V.C - 500 N.C )
    1. Euclid
    2. Archimedes

Reghoekige Prismas en Silinders

In hierdie afdeling leer ons hoe om die oppervlakarea en volume van reghoekige prismas en silinders te bereken. 'n Reghoekige prisma is 'n veelhoek wat uitgerek word in 'n kolom sodat die hoogte van die kolom reghoekig is tot sy basis. A vierkantige prisma het 'n vierkantige basis en 'n driehoekige prisma het 'n driehoekige basis.

Figuur 1: Voorbeelde van 'n vierkantige prisma, 'n driehoekige prisma en 'n silinder.
Figuur 1 (MG10C14_001.png)

Dit is eenvoudig om die oppervlakarea en volume van prismas te bereken.

Oppervlakarea

Die term oppervlakarea verwys na die totale area van die oppervlak aan die buitekant van die prisma. Dit is makliker om te verstaan as 'n mens aan die prisma dink as 'n soliede voorwerp.

As jy die prismas in figuur 1 bestudeer, sal jy sien dat die boonste syvlak van die prisma 'n eenvoudige veelhoek is. Die driehoekige prisma het twee syvlakke wat driehoekig is en drie syvlakke wat reghoekig is. Om die oppervlakarea van 'n prisma te bereken moet die oppervlak van elke syvlak bereken word en bymekaar getel word. 'n Silinder bestaan uit twee sirkelvormige syvlakke en 'n reghoekige kolom.

Oppervlakarea van Prismas

Bereken die area van elke syvlak en tel die areas bymekaar om die oppervlakarea van die prisma te bereken. Bepaal eers wat die regte vorm is van elke syvlak en bereken dan die area van daardie syvlak. Die oppervlakarea van die prisma is gelyk aan die som van die oppervlakareas van al die syvlakke.

Bespreking: oppervlakareas

Vorm pare en bestudeer die volgende prismas saam met die diagram wat langs elke prisma vertoon word en verduidelik watter oppervlakareas elke prisma het. Verduidelik vir jou maat hoe elke diagram verband hou met die gepaardgaande prisma.

Figuur 2
Figuur 2 (MG10C14_002.png)

Oppervlakareas

  1. Bereken die oppervlakarea van elk van die volgende:
    Figuur 3
    Figuur 3 (MG10C14_003.png)
    Klik hier vir die oplossing
  2. As 'n liter verf 'n area van 2m22m2 verf, hoeveel het die verwer nodig om die volgende area te verf:
    1. 'n Reghoekige swembad se binnemure en vloer met die volgende afmetings: 4m×3m×2,5m4m×3m×2,5m.
    2. Die binnemure en vloer van 'n sirkelvormige opgaardam met 'n middelyn van 4m4m en 'n hoogte van 2,5m2,5m
    Figuur 4
    Figuur 4 (MG10C14_004.png)
    Klik hier vir die oplossing

Volume

Die volume van 'n reghoekige prisma word bereken deur die area van die basis met die hoogte te vermenigvuldig. Vir 'n vierkantige prisma met 'n sylengte van aa en 'n hoogte height van hh is die volume a×a×h=a2ha×a×h=a2h.

Volume van 'n Prisma

Bereken die volume van 'n prisma deur eers die area van die basis te bereken en dan te vermenigvuldig met die hoogte van die prisma.

Volume

  1. Skryf die formule van elk van die volgende volumes neer:
    Figuur 5
    Figuur 5 (MG10C14_005.png)
    Klik hier vir die oplossing
  2. Bereken die volgende volumes:
    Figuur 6
    Figuur 6 (MG10C14_006.png)
    Kliek hier vir die oplossing
  3. 'n Kubus is 'n spesiale prisma waarvan al die sye gelyk is. Dit beteken dat elke sy 'n vierkant is. 'n Dobbelsteen is 'n voorbeeld van 'n kubus. Bewys dat 'n kubus met 'n sylengte van aa, 'n oppervlakte het van 6a26a2 en 'n volume het van a3a3.
    Figuur 7
    Figuur 7 (MG10C14_007.png)
    Klik hier vir die oplossing

Hoe verander die oppervlakarea as een van die afmetings vermenigvuldig word met 'n konstante. Byvoorbeeld, hoe verander die oppervlakarea van 'n reghoekige prisma as die hoogte deur 2 gedeel word?

Figuur 8: Reghoekige prismas
Figuur 8 (MG10C14_008.png)

Figuur 9: Reghoekige prismas 2
Figuur 9 (CG10C14_1.png)

Exercise 1: Proporsionele verandering van die afmetings van 'n prisma

Die grootte van die prisma word beskryf deur die lengte van sy sye. Die prisma in die diagram het sye met lengtes LL, bb en hh.

Figuur 10
Figuur 10 (MG10C14_009.png)

  1. Vergroot al die sye van die prisma met 'n konstante faktor van xx, waar x>1x>1. Bereken die volume en die oppervlakte van die vergrootte prisma as 'n funksie van die faktor xx en die oorspronklike volume.
  2. Soortgelyk aan die geval hierbo, dink nou aan 'n geval waar 0<x<10<x<1. Bereken nou die verkleiningsfaktor in die volume en die oppervlakarea.
Solution
  1. Stap 1. Identifiseer:

    Die volume van die prisma word beskryf deur: V=L×b×hV=L×b×h

    Die oppervlak van die prisma word beskryf deur: A=2×(L×b+L×h+b×h)A=2×(L×b+L×h+b×h)

  2. Stap 2. Proporsionele verandering:

    As al die sye van die prisma proporsioneel verander sal die nuwe sye as volg beskryf kan word:

    L ' = x × L b ' = x × b h ' = x × h L ' = x × L b ' = x × b h ' = x × h
    (1)

    Die nuwe volume word beskryf deur:

    V ' = L ' × b ' × h ' = x × L × x × b × x × h = x 3 × L × b × h = x 3 × V V ' = L ' × b ' × h ' = x × L × x × b × x × h = x 3 × L × b × h = x 3 × V
    (2)

    Die nuwe oppervlakarea van die prisma word beskryf deur:

    A ' = 2 × ( L ' × b ' + L ' × h ' + b ' × h ' ) = 2 × ( x × L × x × b + x × L × x × h + x × b × x × h ) = x 2 × 2 × ( L × b + L × h + b × h ) = x 2 × A A ' = 2 × ( L ' × b ' + L ' × h ' + b ' × h ' ) = 2 × ( x × L × x × b + x × L × x × h + x × b × x × h ) = x 2 × 2 × ( L × b + L × h + b × h ) = x 2 × A
    (3)
  3. Stap 3. Interpreteer die bostaande resultate:
    1. Ons vind hierbo dat die nuwe volume beskryf word deur: V'=x3×VV'=x3×V. Waar x>1x>1, sal die volume van die prisma vermeerder met die faktor van x3x3. Die oppervlakarea van die veranderde prisma word beskryf deur: A'=x2×AA'=x2×A. Weereens, omdat x>1x>1, sal die oppervlakarea vergroot met 'n faktor van x2x2. Oppervlakareas wat tweedimensioneel is vermeerder met die kwadraat van die faktor maar driedimensionele volumes vermeerder met die derde mag van die faktor.
    2. Die antwoord hier is gebaseer op dieselfde idee as wat hierbo beskryf word. Waar 0<x<10<x<1 sal die volume verminder met 'n faktor van x3x3 en die oppervlakarea sal met verminder met 'n faktor van x2x2

Wanneer die lengte van een van die sye vermenigvuldig word met 'n konstante is dit soos om die oorspronklike volume met dieselfde konstante te vermenigvuldig. Sien die voorbeeld in figuur 8.

Veelhoeke

Veelhoeke is oral rondom ons. 'n Stopteken het die vorm van 'n aghoek, maw 'n aghoekige veelhoek. Die heuningkoek van 'n byenes bestaan uit heksagonale selle. Die oppervlak van 'n tafel is 'n reghoek.

In hierdie afdeling sal jy leer van gelykvormige veelhoeke.

Gelykvormigheid tussen Veelhoeke

Bespreking: Gelykvormige Driehoeke

Gebruik die diagram om die tabel in te vul en antwoord die vra wat daarna volg.

Tabel 1
AB DE AB DE =...cm...cm=......cm...cm=... A^A^=... D^D^...
BC EF BC EF =...cm...cm=......cm...cm=... B^B^=... E^E^=...
AC DF AC DF =...cm...cm=......cm...cm=... C^C^... F^F^=...

Figuur 11
Figuur 11 (MG10C14_010.png)

  1. Wat kan jy sê oor jou berekening van: AB DE AB DE , BC EF BC EF , AC DF AC DF ?
  2. Wat kan jy sê oor A^A^ en D^D^?
  3. Wat kan jy sê oor B^B^ en E^E^?
  4. Wat kan jy sê oor C^C^ en F^F^?

As twee veelhoeke gelykvormig is, is die een 'n vergroting van die ander. Dit beteken dat twee veelhoeke dieselfde grootte hoeke sal hê en hulle sye sal in verhouding wees tot mekaar.

is die simbool wat gebruik word om gelykvormigheid aan te dui.

Definition 1: Gelykvormige Veelhoeke

Twee veelhoeke is gelykvormig as:

  1. hulle ooreenstemmende hoeke ewe groot is, en
  2. die verhouding van ooreenstemmende sye gelyk is.

Exercise 2: Gelykvormigheid van Veelhoeke

Bewys dat die volgende twee veelhoeke gelykvormig is.

Figuur 12
Figuur 12 (MG10C14_011.png)

Solution
  1. Stap 1. Bepaal wat word gevra:

    Daar word gevra om te bewys dat 'n paar veelhoeke gelykvormig is. Ons kan dit doen deur te bewys dat die verhouding van ooreenstemmende sye gelyk is en dat die ooreenstemmende hoeke ewe groot is.

  2. Stap 2. Ooreenstemmende hoeke:

    Die hoeke en hul groottes word aan ons gegee so ons kan bewys dat hulle ewe groot is.

  3. Stap 3. Bewys dat die ooreenstemmende hoeke ewe groot is:

    Al die hoeke is 90 groot en

    A ^ = E ^ B ^ = F ^ C ^ = G ^ D ^ = H ^ A ^ = E ^ B ^ = F ^ C ^ = G ^ D ^ = H ^
    (4)
  4. Stap 4. Bewys dat die ooreenstemmende sye in dieselfde verhouding is:

    Eerstens moet ons kyk watter sye ooreenstem. Die reghoeke het twee lang sye wat gelyk is en twee kort sye wat gelyk is. Ons moet die verhoudings van die lang sye van die twee reghoeke vergelyk en ons moet die verhoudings van die kort sye vergelyk.

    Lang sye, groot reghoek se waardes oor die klein reghoek se waards:

    Verhouding = 2 L L = 2 Verhouding = 2 L L = 2
    (5)

    Kort sye, groot reghoek se waardes oor die klein reghoek se waardes:

    Verhouding = L 1 2 L = 1 1 2 = 2 Verhouding = L 1 2 L = 1 1 2 = 2
    (6)

    Die verhouding van die ooreenstemmende sye is gelyk en is gelyk aan 2 in hierdie geval.

  5. Stap 5. Finale antwoord:

    Die ooreenstemmende hoeke is ewe groot en die verhoudings van die ooreenstemmende sye is gelyk, dus is die veelhoeke ABCD en EFGH gelykvormig.

leidraad:

Alle vierkante is gelykvormig.

Exercise 3: Gelykvormigheid van Veelhoeke

As twee vyfhoeke ABCDE en GHJKL gelykvormig is, bepaal die lengte van die sye en die groote van die hoeke wat met letters gemerk is:

Figuur 13
Figuur 13 (MG10C14_012.png)

Solution
  1. Stap 1. Bepaal wat is gegee:

    Daar word aan ons gegee dat ABCDE en GHJKL gelykvormig is. Dit beteken dat:

    AB GH = BC HJ = CD JK = DE KL = EA LG AB GH = BC HJ = CD JK = DE KL = EA LG
    (7)

    en

    A ^ = G ^ B ^ = H ^ C ^ = J ^ D ^ = K ^ E ^ = L ^ A ^ = G ^ B ^ = H ^ C ^ = J ^ D ^ = K ^ E ^ = L ^
    (8)
  2. Stap 2. Bepaal wat is gevra:

    Daar word gevra om te bepaal

    1. lengtes: aa, bb, cc en dd, en
    2. hoeke: ee, ff and gg.
  3. Stap 3. Besluit hoe om die volgende probleem te benader:

    Die ooreenstemmende hoeke is ewe groot en daar is dus geen berekening nodig nie. Daar word aan ons 'n paar sye DCDC gegee KJKJ wat ooreenstemmend is. DCKJ=4,53=1,5DCKJ=4,53=1,5 so ons weet dat al die sye KJHGLKJHGL 1,5 keer kleiner is as ABCDEABCDE.

  4. Stap 4. Bereken lengtes:
    a 2 = 1 , 5 a = 2 × 1 , 5 = 3 b 1 , 5 = 1 , 5 b = 1 , 5 × 1 , 5 = 2 , 25 6 c = 1 , 5 c = 6 ÷ 1 , 5 = 4 d = 3 1 , 5 d = 2 a 2 = 1 , 5 a = 2 × 1 , 5 = 3 b 1 , 5 = 1 , 5 b = 1 , 5 × 1 , 5 = 2 , 25 6 c = 1 , 5 c = 6 ÷ 1 , 5 = 4 d = 3 1 , 5 d = 2
    (9)
  5. Stap 5. Bereken hoeke:
    e = 92 ( ooreenstemmend tot H ) f = 120 ( ooreenstemmend tot D ) g = 40 ( ooreenstemmend tot E ) e = 92 ( ooreenstemmend tot H ) f = 120 ( ooreenstemmend tot D ) g = 40 ( ooreenstemmend tot E )
    (10)
  6. Stap 6. Skryf die finale antwoord neer:
    a = 3 b = 2 , 25 c = 4 d = 2 e = 92 f = 120 g = 40 a = 3 b = 2 , 25 c = 4 d = 2 e = 92 f = 120 g = 40
    (11)

Gelykvormigheid van Gelyksydige Driehoeke

Werk in pare en toon dat alle gelyksydige driehoeke gelykvormig is.

Veelhoeke gemeng

  1. Vind die onbekende waardes in elke geval. Gee redes.
    Figuur 14
    Figuur 14 (mg10c14_2.png)
    Klik hier vir die oplossing
  2. Vind die hoeke en lengtes wat met letters gemerk is in die volgende figure:
    Figuur 15
    Figuur 15 (MG10C14_014.png)
    Klik hier vir die oplossing

Analitiese Meetkunde

Inleiding

Analitiese meetkunde, ook bekend as koördinaat meetkunde en vroëer bekend as Cartesiese meetkunde, is die studie van meetkunde op grond van die beginsels van algebra en die Cartesiese koördinaatstelsel. Dit is bemoeid met die definisie van meetkundige figure op 'n numeriese wyse en ontrek numeriese informasie van die voorstelling. Sommige beskou die instelling van analitiese meetkunde as die begin van moderne wiskunde.

Afstand tussen Twee Punte

Een van die eenvoudigste dinge wat met analitiese meetkunde bereken kan word is die afstand tussen twee punte.Afstand is a getal wat beskryf hoe ver twee punte van mekaar is. Byvoorbeel, punt PP het (2,1)(2,1) as koördinate en punt QQ het (-2,-2)(-2,-2) as koördinate. Hoe ver is die punte PP en QQ van mekaar? In die figuur beteken dit, hoe lank is die stippellyn

Figuur 16
Figuur 16 (MG10C14_015.png)

In die figuur kan gesien word dat die lyn PRPR 3 eenhede lank is en dat die lyn QRQR 4 eenhede lank is. Alhoewel, die PQRPQR, het 'n regte hoek RR. Dus kan die lengte van die sy PQPQ bereken word deur Stelling van Pythagoras te gebruik:

P Q 2 = P R 2 + Q R 2 P Q 2 = 3 2 + 4 2 P Q = 3 2 + 4 2 = 5 P Q 2 = P R 2 + Q R 2 P Q 2 = 3 2 + 4 2 P Q = 3 2 + 4 2 = 5
(12)

Die lengte van PQPQ is gelyk aan die afstand tussen die punte PP en QQ.

As 'n veralgemening van die idee, neem aan dat AA enige punt is met (x1;y1)(x1;y1) as koördinate en BB is enige ander punt met (x2;y2)(x2;y2) as koördinate.

Figuur 17
Figuur 17 (MG10C14_016.png)

Die formule vir die berekening van die afstand tussen twee punte word soos volg afgelei. Die afstand tussen twee punte AA en BB is die lengte van die lyn ABAB. Volgens die Stelling van Pythagoras, word die lengte van ABAB gegee deur:

A B = A C 2 + B C 2 A B = A C 2 + B C 2
(13)

Alhoewel,

B C = y 2 - y 1 A C = x 2 - x 1 B C = y 2 - y 1 A C = x 2 - x 1
(14)

Dus,

A B = A C 2 + B C 2 = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 A B = A C 2 + B C 2 = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2
(15)

Dus, vir enige twee punte,(x1;y1)(x1;y1) en (x2;y2)(x2;y2), is die formula:

Afstand=(x1-x2)2+(y1-y2)2(x1-x2)2+(y1-y2)2

Deur die formula te gebruik word die afstand tussen twee punte PP en QQ met (2;1) en (-2;-2) as koördinate as volg bereken. Gestel die koördinate van punt PP is (x1;y1)(x1;y1) en die koördinate van punt QQ is (x2;y2)(x2;y2). Dan is die afstand:

Afstand = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 2 - ( - 2 ) ) 2 + ( 1 - ( - 2 ) ) 2 = ( 2 + 2 ) 2 + ( 1 + 2 ) 2 = 16 + 9 = 25 = 5 Afstand = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 2 - ( - 2 ) ) 2 + ( 1 - ( - 2 ) ) 2 = ( 2 + 2 ) 2 + ( 1 + 2 ) 2 = 16 + 9 = 25 = 5
(16)

Die volgende video bied 'n opsomming van die afstand formule.

Figuur 18
Khan akademie video oor die afstand formule

Berekening van die Gradiënt van 'n Lyn

Die gradiënt van 'n lyn beskryf hoe style die lyn is. In die figuur hieronde is lyn PTPT die stylste. Lyn PSPS is minder styl as PTPT maar is styler as PRPR, en die lyn PRPR is styler as PQPQ.

Figuur 19
Figuur 19 (MG10C14_017.png)

Die gradiënt van die lyn word gedefinieer as die verhouding van die vertikale sy tot die horisontale sy. Dit kan verstaan word deur te kyk na die lyn as die skuinssy van die reghoekige driehoek. Die gradiënt is die verhouding van die lengte van die vertikale sy van die driehoek tot die horisontale sy van die driehoek. Dink aan 'n lyn tussen punt AA met (x1;y1)(x1;y1) as koördinate en punt BB met (x2;y2)(x2;y2) as koördinate.

Figuur 20
Figuur 20 (MG10C14_018.png)

Gradiënt=y2-y1x2-x1=y2-y1x2-x1

Ons kan die gradiënt van 'n lyn gebruik om te bepaal of twee lyne parallel of loodreg is tot mekaar. Die lyne is parallel tot mekaar (figuur 21a) as hulle dieselfde gradiënt het, naamlik mAB == mCD. As die lyne loodreg is tot mekaar (figuur 21b) dan het ons: -1mAB=mCD-1mAB=mCD

Figuur 21
Figuur 21 (geom.png)

Byvoorbeeld, die gradiënt van die lyn tussen punt PP en QQ, met koördinate (2;1) en (-2;-2) (figuur 16) is:

Gradiënt = y 2 - y 1 x 2 - x 1 = - 2 - 1 - 2 - 2 = - 3 - 4 = 3 4 Gradiënt = y 2 - y 1 x 2 - x 1 = - 2 - 1 - 2 - 2 = - 3 - 4 = 3 4
(17)

Die volgende video bied 'n opsomming van die gradiënt van 'n lyn.

Figuur 22
Gradiënt van 'n lyn

Middelpunt van 'n lyn

Soms is dit nuttig om die koördinate van 'n lyn se middel of middelpunt te hê. Byvoorbeeld: wat is die middelpunt van die lyn tussen punt PP met koördinate (2;1)(2;1) en punt QQ met koördinate (-2;-2)(-2;-2).

Die koördinate van enige lyn tussen enige twee punte AA en BB met koördinate (x1;y1)(x1;y1) en (x2;y2)(x2;y2), word gewoonlik as volg bereken. Laat die middelpunt van ABAB by 'n punt SS met koördinate (X;Y)(X;Y) wees. Die doel is om XX en YY te bereken in terme van (x1;y1)(x1;y1) en (x2;y2)(x2;y2).

Figuur 23
Figuur 23 (MG10C14_019.png)
X = x 1 + x 2 2 Y = y 1 + y 2 2 S x 1 + x 2 2 ; y 1 + y 2 2 X = x 1 + x 2 2 Y = y 1 + y 2 2 S x 1 + x 2 2 ; y 1 + y 2 2
(18)

Dan is die koördinate van die middelpunt (SS) van die lyn tussen punt PP met koördinate (2;1)(2;1) en punt QQ met koördinate (-2;-2)(-2;-2) :

X = x 1 + x 2 2 = - 2 + 2 2 = 0 Y = y 1 + y 2 2 = - 2 + 1 2 = - 1 2 S is at ( 0 ; - 1 2 ) X = x 1 + x 2 2 = - 2 + 2 2 = 0 Y = y 1 + y 2 2 = - 2 + 1 2 = - 1 2 S is at ( 0 ; - 1 2 )
(19)

Dit kan bewys word dat die afstande vanaf die eindpunte na die middelpunt gelyk is. Die koördinate van die middelpunt SS is (0;-0,5)(0;-0,5).

P S = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 0 - 2 ) 2 + ( - 0 . 5 - 1 ) 2 = ( - 2 ) 2 + ( - 1 . 5 ) 2 = 4 + 2 . 25 = 6 . 25 P S = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 0 - 2 ) 2 + ( - 0 . 5 - 1 ) 2 = ( - 2 ) 2 + ( - 1 . 5 ) 2 = 4 + 2 . 25 = 6 . 25
(20)

en

Q S = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 0 - ( - 2 ) ) 2 + ( - 0 . 5 - ( - 2 ) ) 2 = ( 0 + 2 ) ) 2 + ( - 0 . 5 + 2 ) ) 2 = ( 2 ) ) 2 + ( - 1 . 5 ) ) 2 = 4 + 2 . 25 = 6 . 25 Q S = ( x 1 - x 2 ) 2 + ( y 1 - y 2 ) 2 = ( 0 - ( - 2 ) ) 2 + ( - 0 . 5 - ( - 2 ) ) 2 = ( 0 + 2 ) ) 2 + ( - 0 . 5 + 2 ) ) 2 = ( 2 ) ) 2 + ( - 1 . 5 ) ) 2 = 4 + 2 . 25 = 6 . 25
(21)

Daar kan gesien word dat PS=QSPS=QS soos verwag is.

Figuur 24
Figuur 24 (MG10C14_020.png)

Die volgende video verskaf 'n opsomming van die middelpunt van 'n lyn.

Figuur 25
Khan academy video on midpoint of a line

Koördinaat Meetkunde

  1. In die gegewe diagram is die hoekpunte van 'n veelhoek F(2;0), G(1;5), H(3;7) and I(7;2).
    Figuur 26
    Figuur 26 (MG10C14_021.png)
    1. Wat is die lengtes van die teenoorstaande sye van FGHI?
    2. Is die teenoorstaande sye van FGHI parallel?
    3. Halveer die hoeklyne van FGHI mekaar?
    4. Watter tipe veelhoek is FGHI? Gee redes vir jou antwoord.
    Klik hier vir die oplossing
  2. 'n Veelhoek ABCD met hoekpunte A(3;2), B(1;7), C(4;5) en D(1;3) word gegee.
    1. Teken die veelhoek.
    2. Bepaal die sylengtes van die veelhoek.
    Klik hier vir die oplossing
  3. ABCD is 'n veelhoek met hhoekpunte A(0;3), B(4;3), C(5;-1) en D(-1;-1).
    1. Wys dat:
      1. AD = BC
      2. AB DC
    2. Benoem ABCD?
    3. Wys dat die hoeklyne AC en BD nie mekaar halveer nie.
    Klik hier vir die oplossing
  4. P, Q, R en S is die punte (-2;0), (2;3), (5;3), (-3;-3) onderskeidelik.
    1. Wys dat:
      1. SR = 2PQ
      2. SR PQ
    2. Bereken:
      1. PS
      2. QR
    3. Watter tipe veelhoek isPQRS? Gee redes vir jou antwoorde.
  5. EFGH is 'n parallelogram met hoekpunte E(-1;2), F(-2;-1) en G(2;0). Vind die koördinate van H deur gebruik te maak van die feit dat die hoeklyne van 'n parallelogram mekaar halveer.
    Klik hier vir die oplossing

Transformasies

In hierdie afdeling gaan jy leer oor die verandering wat die koördinate van 'n punt ondergaan wanneer die punt horisontaal of vertikaal op die Cartesiesevlak skuif. Jy gaan ook leer wat met die koördinate van 'n punt gebeur wanneer dit reflekteer word in die xx-as, yy-as en die lyn y=xy=x.

Translasie van 'n Punt

Waneer 'n voorwerp langs 'n reguitlyn beweeg word, sê ons dit word getransleer. Wat gebeur met die koördinate van 'n punt wat horisontaal of vertikaal getransleer word?

Bespreking : Vertikale Translasie van 'n Punt

Voltooi die tabel deur die koördinate van die punte soos op die figuur in te vul.

Figuur 27
Figuur 27 (MG10C14_022.png)

Tabel 2
Punt xx co-ordinate yy co-ordinate
A    
B    
C    
D    
E    
F    
G    

Wat let jy op omtrent die xx koördinate? Wat let jy op omtrent die yy koördinate? Wat sal gebeur met die koördinate van punt A, indien dit verskuif word na die posisie van punt G?

Wanneer 'n punt vertikaal op of af op die Cartesiese vlak verskuif word, bly xx koördinaat van die punt dieselfde, maar die yy koördinaat verander met die aantal wat die punt op of af geskuif is.

Byvoorbeeld: in figuur 28 word punt A 4 eenhede opwaarts geskuif na die posisie gemerk deur G. Die nuwe xx koördinaat van punt A is dieselfde (xx=1), maar die nuwe yy koördinaat het 4 eenhede geskuif in die positiewe yy rigting en word yy=-2+4=2. Die nuwe koördinate van punt A is gevolglik G(1;2). Soortgelyk, vir punt B wat 5 eenhede af geskuif word, bly die xx koördinaat dieselfde (x=-2,5x=-2,5), maar die yy koördinaat het 5 eenhede in die negatiewe yy-rigting geskuif. Die nuwe yy koördinaat is dus yy=2,5 -5=-2,5.

Figuur 28: Punt A het 4 eenhede op geskuif tot by G. Punt B het 5 eenhede af geskuif tot by H.
Figuur 28 (MG10C14_023.png)

leidraad:

Wanneer 'n punt op geskuif word, word die nuwe yy koördinaat verkry deur die translasie eenhede by die ou yy koördinaat by te tel. Wanneer 'n punt af geskuif word, word die nuwe yy koördinaat verkry deur die translasie eenhede by die ou yy koördinaat af te trek.

Bespreking : Horisontale Translasie van 'n Punt

Voltooi die tabel deur al die koördinate wat in die figuur aangedui word, in te vul.

Figuur 29
Figuur 29 (MG10C14_024.png)

Tabel 3
Punt xx koördinaat yy koördinaat
A    
B    
C    
D    
E    
F    
G    

Wat let jy op omtrent die xx koördinate? Wat let jy op omtrent die yy koördinate?

Wat sal gebeur met die koördinate van punt A, as dit geskuif word na posisie G?

Wanneer 'n punt horisontaal links of regs op die Cartesiese vlak verskuif word, bly die yy koördinaat van die punt dieselfde, maar die xx koördinaat verander deur die aantal eenhede wat die punt links of regs geskuif word.

Byvoorbeeld, in figuur 30 word punt A 4 eenhede regs geskuif na G. Die nuwe yy koördinaat van punt A is dieselfde (yy=1), maar die nuwe xx koördinaat is 4 eenhede in die positiewe xx rigting geskuif en word xx=-2+4=2. Die nuwe koördinaat van punt A by G is dus (2;1). Soortgelyk, vir punt B wat 5 eenhede links geskuif word, bly die yy koördinaat dieselfde (y=-2,5y=-2,5), maar die xx koördinaat word 5 eenhede in die negatiewe xx-rigting geskuif. Die nuwe xx koördinaat is dus xx=2,5 -5=-2,5. Die nuwe koördinate van punt B by H is dus (-2,5;1).

Figuur 30: Point A is moved 4 units to the right to the position marked by G. Point B is moved 5 units to the left to the position marked by H.
Figuur 30 (MG10C14_025.png)

leidraad:

Wanneer 'n punt regs geskuif word, word die nuwe xx koördinaat verkry deur die translasie eenhede by die oorspronklike xx koördinaat by te tel. Wanneer 'n punt na links geskuif word, word die nuwe xx koördinaat verkry deur die translasie eenhede by die oorspronklike xx koördinaat af te trek.

Refleksie van 'n Punt

Wanneer jy voor 'n spieel staan, is die afstand tussen jou en die spieel gelyk aan die afstand tussen jou refelksie en die spieel.(dd)

Figuur 31
Figuur 31 (MG10C14_026.png)

Ons kan dieselfde idee toepas op 'n punt wat reflekteer word in die xx-as, die yy-as en die lyn y=xy=x.

Refleksie in die xx-as

Wanneer 'n punt reflekteer word in die xx-as, moet die refleksie dieselfde afstand onder die xx-as wees as wat die punt bo die xx-as is en vice-versa, asof dit 'n spieelbeeld is.

Figuur 32: Punte A en B word reflekteer in die xx-as. Die oorspronklike punte word aangedui deur en die gereflekteerde punte word aangedui deur .
Figuur 32 (MG10C14_027.png)
Opmerking:
Wanneer 'n punt reflekteer word om die xx-as, verander slegs die yy koördinaat van die punt.
Exercise 4: Refleksie in die xx-as

Bepaal die koördinate van die refleksie van punt P in die xx-as. Die koördinate van P is (5;10).

Solution
  1. Stap 1. Bepaal wat gegee is en wat gevra word :

    Ons het die koördinate (5;10) van punt P en moet die koördinate van die refleksie van die punt in die xx-as kry.

  2. Stap 2. Bepaal hoe jy die probleem gaan benader :

    Die punt P is bo die xx-as, daarom sal sy refleksie dieselfde afstand onder die xx-as wees. Daarom is yy=-10.

    Vir 'n refleksie in die xx-as, bly die xx koördinaat onveranderd. Daarom is xx=5.

  3. Stap 3. Skryf die finale antwoord :

    Die koördinate van die gereflekteerde punt is (5;-10).

Refleksie in die yy-as

As 'n punt reflekteer word in die yy-as, moet die refleksie dieselfde afstand links en regs van die yy-as wees.

Figuur 33: Punte A en B word reflekteer in die yy-as. Die oorspronklike punte word aangedui deur en die gereflekteerde punte word aangedui met .
Figuur 33 (MG10C14_028.png)
leidraad:
Wanneer 'n punt reflekteer word in die yy-as, verander net die xx koördinaat van die punt. Die yy koördinaat bly dieselfde.
Exercise 5: Refleksie in die yy-as

Bepaal die koördinate van die refleksie van punt Q (15;5) in die yy-as.

Solution
  1. Stap 1. Bepaal wat gegee en wat gevra is :

    Ons het punt Q (15;5) en moet die koördinate van die refleksie daarvan in die yy-as kry.

  2. Stap 2. Besluit hoe om die probleem aan te pak :

    Die punt Q regs van die yy-as, daarom sal sy refleksie dieselfde afstand links van die yy-as wees as wat dit regs van die yy-as is. Daarom is xx=-15.

    Vir 'n refleksie in die yy-as, bly die yy koördinaat onveranderd. Daarom is yy=5.

  3. Stap 3. Skryf die finale antwoord :

    Die koördinate van die gereflekteerde punt is (-15;5).

Refleksie om die lyn y=xy=x

Die laaste tipe refleksie wat ons gaan behandel is refleksie om die lyn y=xy=x.

Gevallestudie : Refleksie van 'n punt om die lyn y=xy=x

Figuur 34
Figuur 34 (MG10C14_029.png)

Bestudeer die gegewe inligting en voltooi die volgende tabel:

Tabel 4
  Punt Refleksie
A (2;1) (1;2)
B (-112112;-2) (-2;-11212)
C (-1;1)  
D (2;-3)  

Wat kan jy aflei omtrent die koördinate van die punte wat reflekteer word om die lyn y=xy=x?

Die xx en yy koördinate van punte wat om die lyn y=xy=x reflekteer word, ruil net om. Dit beteken dat die xx koördinaat van die oorspronklike punt, die yy koördinaat van die nuwe punt word. Soortgelyk word die yy koördinaat van die oorspronklike punt, die xx koördinaat van die nuwe punt word.

Figuur 35: Punte A en B word reflekteer om die lyn y=xy=x. Die oorspronklike punte word aangedui met en die reflekteerde punte word aangedui met .
Figuur 35 (MG10C14_030.png)
leidraad:
Die xx en yy koördinate van die gereflekteerde punte om die lyn y=xy=x word dus omgeruil.
Exercise 6: Refleksie om die lyn y=xy=x

Bepaal die koördinate van die refleksie van punt R (-5;5) in die lyn y=xy=x.

Solution
  1. Stap 1. Bepaal wat gegee en wat gevra is :

    Ons het punt R (-5;5) en moet die refleksie daarvan om die lyn y=xy=x bepaal.

  2. Stap 2. Besluit hoe jy die probleem gaan benader :

    Die xx koördinaat van die gereflekteerde punt is die yy koördinaat van die oorspronklike punt. Daarom is xx=5.

    Die yy koördinaat van die gereflekteerde punt is die xx koördinaat van die oorspronklike punt. Daarom is yy=-5.

  3. Stap 3. Skryf die finale antwoord :

    Die koördinate van die reflekteerde punt is (5;-5).

Reëls vir Translasie

'n Vinnige manier om 'n translasie te skryf is deur die 'translasiereël' te gebruik. Byvoorbeeld (x;y)(x+a;y+b)(x;y)(x+a;y+b) beteken: transleer punt (x;y) deur dit a eenhede horisontaal en b eenhede vertikaal te skuif.

As ons dus die punt (1;2) deur die reël (x;y)(x+3;y-1)(x;y)(x+3;y-1) transleer, word dit (4;1). Ons het 3 eenhede regs en 1 eenheid af geskuif.

Translasie van 'n Gebied

Om 'n gebied te transleer, moet ons elke punt in die gebied transleer.

Voorbeeld

Gebied A is getransleer na gebied B deur die reël: (x;y)(x+4;y+2)(x;y)(x+4;y+2)

Figuur 36
Figuur 36 (MG10C14_031.png)

Bespreking : Transformasiereëls

Werk in pare en besluitwatter item in kolom 1 pas by die beskrywing in kolom 2.

Tabel 5
Kolom 1 Kolom 2
.(x;y)(x;y-3).(x;y)(x;y-3)        'n refleksie om die x-y lyn
. ( x ; y ) ( x - 3 ; y ) . ( x ; y ) ( x - 3 ; y ) 'n refleksie om die x-as
. ( x ; y ) ( x ; - y ) . ( x ; y ) ( x ; - y ) 'n verskuiwing van 3 eenhede na links
. ( x ; y ) ( - x ; y ) . ( x ; y ) ( - x ; y ) 'n Verskuiwing van 3 eenhede afwaarts
. ( x ; y ) ( y ; x ) . ( x ; y ) ( y ; x ) 'n Refleksie om die y-as
Transformasies
  1. Beskryf elk van die volgende translasies deuur die reël (x;y) (...;...)
    Figuur 37
    Figuur 37 (mg10c14_4.png)
    1. Van A na B
    2. Van C na J
    3. Van F na H
    4. Van I na J
    5. Van K na L
    6. Van J na E
    7. Van G na H
    Klik hier vir die oplossing
  2. A is the point (4;1). Plot elk van die volgende punte onder die gegewe transformasies. Gee die koordinate van die punte wat jy geplot het.
    1. B is die refleksie van A in die x-as.
    2. C is die refleksie van A in die y-as.
    3. D is die refleksie van B in die lyn x=0.
    4. E is die refleksie van C in die lyn y=0.
    5. F is die refleksie van A in die lyn y= x
    Klik hier vir die oplossing
  3. In die diagram is B, C en D beelde van veelhoek A. In elke geval bestaan die transformasie uit 'n refleksie en 'n translasie van punt A. Skryf die letter van elke prent en beskryf die transformasie wat daartoe gelei het.
    Figuur 38
    Figuur 38 (mg10c14_5.png)
    Klik hier vir die oplossing
Ondersoek : Berekening van Volume, Oppervlakte en Skaalfaktore van voorwerpe
  1. Kyk rond by die skool en/of huis en kyk of jy enige blikkie in die hande kan kry (bv. boontjie, sop, koeldrank, ens.)
  2. Meet die hoogte van die blikkie sowel as die deursnee daarvan.
  3. Vul die waardes wat jy gemeet het op die diagram hier onder in:
    Figuur 39
    Figuur 39 (MG10C14_034.png)
  4. Gebruik jou afmetings en bepaal die volgende (in cm22, afgerond tot 2 desimale):
    1. die oppervlak van die syvlak van die blikkie (d.i. die reghoek)
    2. die oppervlak van die bo-en onderkante van die blikkie (d.i. die sirkels)
    3. Die totale buite-oppervlak va die blikkie
  5. As die metaal 0,17 sent/cm22kos, hoeveel kos dit om die blikkie te maak?
  6. Bereken die volume van jou blikkie (in cm33, afgerond tot 2 desimale plekke).
  7. Wat is die volume van die blikkie volgens die etiket?
  8. Vergelyk jou volume met die waarde op die etiket. Hoeveel lug is in die blikkie wanneer die inhoud (koeldrank, sop, ens.) verpak is?
  9. Hoekom dink jy is daar lug oor in die blikkie?
  10. As jy die volume van 'n blikkie wil verdubbel, maar die radius dieselfde hou, met hoeveel moet die hoogte toeneem?
  11. As die hoogte van die blikkie dieselfde gehou word, maar die radius word verdubbel, met watter faktor sal die:
    1. oppervlak van die sykant van die blikkie toeneem?
    2. oppervlak van die bo/onderkante van die blikkie toeneem?

Finale oefeninge

  1. Deur die reels te gebruik wat verskaf is, identifiseer elke tipe transformasie en teken die vorms.
    1. (x;y)(x+3;y-3)
      Figuur 40
      Figuur 40 (MG10C14_037.png)
    2. (x;y)(x-4;y)
      Figuur 41
      Figuur 41 (MG10C14_038.png)
    3. (x;y)(y;x)
      Figuur 42
      Figuur 42 (MG10C14_039.png)
    4. (x;y)(-x;-y)
      Figuur 43
      Figuur 43 (MG10C14_040.png)
    Klik hier vir die oplossing
  2. PQRS is 'n veelhoek met hoekpunte P(0; −3) ; Q(−2;5) ; R(3;2) en S(3;–2) in die Cartesiese-vlak.
    1. Bepaal die lengte van QR.
    2. Bepaal die helling van PS.
    3. bepaal die middelpunt van PR.
    4. Is PQRS 'n parallelogram? Gee redes vir jou antwoord.
    Klik hier vir die oplossing
  3. A(–2;3) en B(2;6) is punte in die Cartesiese-vlak. C(a;b) is die middelpunt van AB. Bereken die waardes van a en b.
    Klik hier vir die oplossing
  4. Oorweeg driehoek ABC met hoekpunte A (1; 3) B (4; 1) en C (6; 4):
    1. Skets die driehoek ABC in die Cartesiese vlak.
    2. Wys dat ABC 'n gelykbenige driehoek is.
    3. Bepaal die koordinate van M, die middelpunt van AC.
    4. Bepaal die helling van AB.
    5. Wys dat dievolgende punte saamlynig is: A, B en D(7;-1)
    Klik hier vir die oplossing
  5. In die diagram is A die punt (-6;1) en B is die punt (0;3)
    Figuur 44
    Figuur 44 (MG10C14_5.png)
    1. Wat is die vergelyking van die lyn AB
    2. Bereken die lengte van AB
    3. A’ is die beeld van A en B’ is die beeld van B. Beide hierdie beelde is verkry uit die transformasie: (x;y)(x-4;y-1). Gee die koordinate van beide A’ en B’
    4. Bepaal die vergelyking van A’B’
    5. Bereken die lengte van A’B’
    6. Kan jy met sekerheid bevestig dat AA'B'B 'n parallelogram is? Regverdig jou antwoord.
    Klik hier vir die oplossing
  6. Die hoekpunte van driehoek PQR het koordinate soos in die diagram.
    Figuur 45
    Figuur 45 (mg10c14_6.png)
    1. Gee die koordinate van P', Q' en R', die beelde van P, Q en R wanneer P, Q en R reflekteer word in die lyn y=x.
    2. Bepaal die oppervlakte van driehoek PQR.
    Klik hier vir die oplossing

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks