Wat is die kleinste hoek wat geteken kan word? Die figuur hier onder toon aan hoe twee lyne (CACA en ABAB) ʼn hoek onderspan by die hoekpunt AA. As die lyn CACA geroteer word om die hoekpunt AA, in die rigting van lyn ABAB, dan is die kleinste hoek wat geteken kan word, die geval waar beide lyne in dieselfde rigting wys. Dit noem ons ʼn 0∘∘. Dit word aangedui in figuur 6.
As lyn CACA nou opwaarts geroteer word, kan enige ander hoek gevorm word. As lyn CACA en lyn ABAB in presies teenoorgestelde rigtings wys (soos in geval 3 in figuur 6) dan word ʼn 180∘∘ hoek onderspan.
As drie punte AA, BB en CC op ʼn reguitlyn lê, dan is die hoek wat onderspan word 180∘∘. Netso, as die hoek tussen 3 punte 180∘∘ is, dan lê die punte op ʼn reguitlyn.
ʼn Hoek van 90∘∘ word ʼn regte hoek genoem. ʼn Regte hoek is die helfte van die hoek wat onderspan word deur die reguitlyn (die 180∘∘ lyn). Ons sê dus CACA is loodreg op ABAB of CA⊥ABCA⊥AB
. ʼn Hoek twee maal die grootte van die hoek wat die reguitlyn onderspan is 360
∘∘. ʼn Hoek van 360
∘∘ is presies dieselfde as ʼn 0
∘∘, hoek (behalwe vir die notasie). Ons noem dit 'n
omwenteling.
Alle hoeke groter as 360∘∘ lyk dieselfde as hoeke wat ons alreeds teëgekom het. As jy ʼn hoek gegee word wat groter is as 360∘∘, trek 360∘∘ herhaaldelik af van die hoek, tot jy 'n antwoord kry tussen 0∘∘and 360∘∘. Hoeke wat meer as 360∘∘ is meestal vir die wiskundige gerief.
- Skerphoek: 'n Hoek ≥0∘≥0∘ en <90∘<90∘.
- Regtehoek : 'n Hoek gelyk aan 90∘90∘.
- Stomphoek: 'n Hoek >90∘>90∘ en <180∘<180∘.
- Reguitlynhoek: 'n Hoek gelyk aan 180∘∘.
- Inspringende hoek: 'n Hoek >180∘>180∘ en <360∘<360∘.
- Omwenteling: 'n Hoek gelyk aan 360∘360∘.
Hierdie is basies net name vir hoeke in ‘n spesifieke reeks, soos gewys in figuur 8.
Waneer jy hoeke meet, kan jy hulle met mekaar vergelyk. Byvoorbeeld, alle regte hoeke is 90∘∘, dus is alle regte hoeke is gelyk aan mekaar en ‘n stomphoek sal altyd groter wees as ‘n skerphoek.
Die volgende video gee ‘n opsomming van wat jy moet weet van hoeke.
Let daarop dat vir hoërskool sal jy net grade gebruik, nie radiale soos gewys in die video nie. Radiale is ‘n ander manier om hoeke te meet. Jy sal op universiteit aan radiale voorgestel word.