Waneer 'n voorwerp langs 'n reguitlyn beweeg word, sê ons dit word getransleer. Wat gebeur met die koördinate van 'n punt wat horisontaal of vertikaal getransleer word?
Voltooi die tabel deur die koördinate van die punte soos op die figuur in te vul.
Tabel 2
|
Punt
|
xx-koördinaat
|
yy-koördinaat
|
| A |
|
|
| B |
|
|
| C |
|
|
| D |
|
|
| E |
|
|
| F |
|
|
| G |
|
|
Wat let jy op omtrent die xx-koördinate? Wat let jy op omtrent die yy-koördinate?
Wat sal gebeur met die koördinate van punt A indien dit verskuif word na die posisie van punt G?
Wanneer 'n punt vertikaal op- of afgeskuif word op die Cartesiese vlak, bly die xx-koördinaat van die punt dieselfde, maar die yy-koördinaat verander met die aantal eenhede wat die punt op- of afgeskuif is.
Byvoorbeeld: in Item 19 word punt A 4 eenhede opwaarts geskuif na die posisie gemerk deur G. Die nuwe xx-koördinaat van punt A is dieselfde (xx=1), maar die nuwe yy-koördinaat het 4 eenhede geskuif in die positiewe yy-rigting en word yy=-2+4=2. Die nuwe koördinate van punt A is gevolglik G(1;2). Soortgelyk, vir punt B wat 5 eenhede afgeskuif word, bly die xx-koördinaat dieselfde (x=-2,5x=-2,5), maar die yy-koördinaat het 5 eenhede in die negatiewe yy-rigting geskuif. Die nuwe yy-koördinaat is dus yy=2,5 -5=-2,5.
Wanneer 'n punt opgeskuif word, word die nuwe yy-koördinaat verkry deur die translasie eenhede by die ou yy-koördinaat by te tel. Wanneer 'n punt afgeskuif word, word die nuwe yy-koördinaat verkry deur die translasie eenhede van die ou yy-koördinaat af te trek.
Voltooi die tabel deur al die koördinate wat in die figuur aangedui word, in te vul.
Tabel 3
|
Punt
|
xx-koördinaat
|
yy--koördinaat
|
| A |
|
|
| B |
|
|
| C |
|
|
| D |
|
|
| E |
|
|
| F |
|
|
| G |
|
|
Wat let jy op omtrent die xx-koördinate? Wat let jy op omtrent die yy-koördinate?
Wat sal gebeur met die koördinate van punt A, as dit geskuif word na posisie G?
Wanneer 'n punt horisontaal links of regs op die Cartesiese vlak verskuif word, bly die yy-koördinaat van die punt dieselfde, maar die xx-koördinaat verander met die aantal eenhede wat die punt links of regs geskuif word.
Byvoorbeeld, in Item 20 word punt A 4 eenhede regs geskuif na G. Die nuwe yy-koördinaat van punt A is dieselfde (yy=1), maar die nuwe xx-koördinaat is 4 eenhede in die positiewe xx-rigting geskuif en word xx=-2+4=2. Die nuwe koördinaat van punt A by G is dus (2;1). Soortgelyk, vir punt B wat 5 eenhede links geskuif word, bly die yy-koördinaat dieselfde (y=-2,5y=-2,5), maar die xx-koördinaat word 5 eenhede in die negatiewe xx-rigting geskuif. Die nuwe xx-koördinaat is dus xx=2,5 -5=-2,5. Die nuwe koördinate van punt B by H is dus (-2,5;1).
Wanneer 'n punt regs geskuif word, word die nuwe xx-koördinaat verkry deur die translasie-eenhede by die oorspronklike xx-koördinaat by te tel. Wanneer 'n punt na links geskuif word, word die nuwe xx-koördinaat verkry deur die translasie-eenhede van die oorspronklike xx-koördinaat af te trek.