Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Atoomkombinasies: die skryf van chemiese formules

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

Affiliated with (What does "Affiliated with" mean?)

This content is either by members of the organizations listed or about topics related to the organizations listed. Click each link to see a list of all content affiliated with the organization.
  • FETChemie display tagshide tags

    This module is approved and included inLens: Siyavula: Chemie (Gr. 10-12)
    By: Siyavula

    Review Status: Approved

    Click the "FETChemie" link to see all content affiliated with them.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Die skryf van chemiese formules

Die formules van kovalente verbindings

Om die formules van kovalente verbindings te bepaal, moet ons die valensie van die atome in die verbinding gebruik. Die valensie dui aan hoeveel bindings elke atoom kan vorm. Dit help ons om uit te werk hoeveel atome van elke element in die verbinding voorkom, en daarvan kan die formule van die verbinding dan bepaal word. Hier is 'n paar voorbeelde waar die begenoemde inligting gebruik word om die chemiese formule van 'n verbinding te bepaal.

Oefening 1: Formules van kovalente verbindings

Skryf die chemiese formule vir water

Solution
  1. Stap 1. Skryf die elemente waaruit die verbinding bestaan neer :

    'n Watermolekule bestaan uit waterstof en suurstof.

  2. Stap 2. Bepaal die valensie van elke element :

    Die valensie van waterstof is 1 en die valensie van suurstof is 2. Dit beteken dat die suurstofatoom twee bindings met ander elemente kan vorm en elke waterstofatoom kan een binding vorm.

  3. Stap 3. Skryf die chemiese formule :

    Deur die valensies van waterstof en suurstof te gebruik, weet ons dat, in 'n watermolekule, twee waterstofmolekules met een suurstofmolekule sal kombineer. Die chemiese formule vir water is dus:

    H22O.

Oefening 2: Formules van kovalente verbindings

Skryf die chemiese formule vir magnesiumoksied

Solution
  1. Stap 1. Skryf die elemente waaruit die verbinding bestaan neer :

    'n Molekule magnesiumoksied bestaan uit magnesium en suurstof.

  2. Stap 2. Bepaal die valensie van elke element :

    Die valensie van magnesium is 2, en die valensie van suurstof is ook 2. In 'n molekule magnesiumoksied sal een magnesiumatoom kombineer met een suurstofatoom.

  3. Stap 3. Skryf die chemiese formule :

    Die chemiese formule van magnesiumoksied is dus:

    MgO

Oefening 3: Formules van kovalente verbindings

Skryf die chemiese formule vir koper(II)chloried.

Solution
  1. Stap 1. Skryf die elemente waaruit die verbinding bestaan neer :

    'n Molekule koper(II)chloried bestaan uit koper en chloor.

  2. Stap 2. Bepaal die valensie van elke element :

    Die valensie van koper is 2, en die valensie van chloor is 1. In 'n molekule koper(II)chloried sal twee chlooratome met een atoom koper kombineer.

  3. Stap 3. Skryf die chemiese formule :

    Die chemiese formule van koper(II)chloried is dus:

    CuCl22

Die formules van ioniese verbindings

Die totale lading van 'n ioniese verbinding sal altyd nul wees. Die positiewe lading en die negatiewe lading sal dus dieselfde grootte wees. Ons kan hierdie inligting gebruik om die chemiese formula van ioniese verbindings uit te werk, solank ons weet wat die lading op elkeen van die ione is. In NaCl se geval, byvoorbeeld, is dit lading op natrium +1 en die lading op die chloor is -1. Die ladings balanseer (+1 -1 = 0) en die ioniese verbinding is dus neutraal. In MgO is magnesium se lading +2 en suurstof se lading is -2. Die lading balanseer weer en die verbinding is neutraal. Positiewe ione word katione genoem en negatiewe ione word anione genoem.

Sommige ione bestaan uit groepe atome; hierdie ione word saamgestelde ione genoem. Dit is 'n goeie idee om die algemene saamgestelde ione, wat in tabel 1 gewys word, te leer.

Tabel 1: Tabel met algemene saamgestel ione en hulle formules
Naam van saamgestelde ioon formule
Karbonaat CO3322--
Sulfaat SO4422--
Hidroksied OH--
Ammonium NH44++
Nitraat NO33--
Waterstofkarbonaat HCO33--
Fosfaat PO443-3-
Chloraat ClO33--
Sianied CN--
Chromaat CrO442-2-
Permanganaat MnO44--

By ioniese verbindings is die valensie van 'n ioon dieselfde as die ioon se lading. (Let op: valensie word altyd as 'n positiewe getal uitgedruk, bv. die valensie van die chloriedioon is 1 en nie -1 nie). Aangesien 'n ioniese verbinding altyd neutraal is, moet die positiewe ladings in die verbinding balanseer met die negatiewe ladings. Hier volg 'n paar voorbeelde:

Exercise 4: Formules van ioniese verbindings

Skryf die chemiese formule vir kaliumjodied

Solution
  1. Stap 1. Skryf die ione waaruit die verbinding bestaan neer :

    Kaliumjodied bestaan uit kaliumione en jodiedione.

  2. Stap 2. Bepaal die valensie en lading van elke ioon :

    Kaliumjodied bevat die ione K++ (valensie = 1; lading = +1) en I-- (valensie = 1; lading = -1). Om die lading in een molekule kaliumjodied te balanseer, sal een kaliumioon benodig word vir elke een jodiedioon.

  3. Stap 3. Skryf die chemiese formule :

    Die chemiese formule vir kaliumjodied is dus:

    KI

Oefening 5: Formules van ioniese verbindings

Skryf die chemiese formule vir natriumsulfaat.

Solution
  1. Stap 1. Skryf die ione waaruit die verbinding bestaan neer :

    Natriumsulfaat bestaan uit natriumione en sulfaatione

  2. Stap 2. Bepaal die valensie en lading van elke ioon :

    Na++ (valensie = 1; lading = +1) en SO4422-- (valensie = 2; lading = -2).

  3. Stap 3. Skryf die chemiese formule :

    Twee natriumione word benodig om die sulfaatioon se lading te balanseer. Die chemiese formule vir natriumsulfaat is dus:

    Na22SO44

Oefening 6: Formules van ioniese verbindings

Skryf die chemiese formule vir kalsiumhidroksied.

Solution
  1. Stap 1. Skryf die ione waaruit die verbinding bestaan neer :

    Kalsiumhidroksied bestaan uit kalsiumione en hidroksiedione.

  2. Stap 2. Bepaal die valensie en lading van elke ioon :

    Kalsiumhidroksied bevat die ione Ca22++ (valensie = 2; lading = +2) en OH-- (valensie = 1; lading = -1). Om die lading in 'n enkele molekule te balanseer word twee hidroksiedione vir elke een kalsiumiion benodig.

  3. Stap 3. Skryf die chemiese formule :

    Die chemiese formule vir kalsiumhidroksied is dus:

    Ca(OH)22

Chemiese formules

  1. Skryf die onderstaande tabel oor en voltooi:
    Tabel 2
    VerbindingKatioonAnioonFormule
     Na++Cl-- 
    kaliumbromied Br-- 
     NH4+4+Cl-- 
    kaliumchromaat   
       PbI
    kaliumpermanganaat   
    kalsiumfosfaat   
  2. Skryf die chemiese formule vir elkeen van die volgende verbindings:
    1. waterstofsianied
    2. koolstofdioksied
    3. natriumkarbonaat
    4. ammoniumhidroksied
    5. bariumsulfaat

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks