Kom ons keer terug na tweedehandse motors. Een manier om waardevermindering te bepaal is om te veronderstel dat die motor 'n beperkte bruikbare leeftyd het. Enkelvoudige waardevermindering neem aan dat die waarde van die motor met 'n vaste bedrag elke jaar verminder. Byvoorbeeld, veronderstel die beperkte bruikbare leeftyd van 'n motor is 5 jaar, en die motor kos R60 000 vandag. Dit beteken dat na 5 jaar sal jy 'n nuwe motor moet koop, wat beteken die oue sal geen waarde op daardie tydstip meer hê nie. Daarom bereken ons die waardevermindering soos volg:
R
60
000
5
jaar
=
R
12
000
per jaar
.
R
60
000
5
jaar
=
R
12
000
per jaar
.
(1)Die waarde van die motor is dan:
Tabel 1
| Aan die einde van Jaar 1 |
R60 000 - 1××(R12 000) |
= R48 000 |
| Aan die einde van Jaar 2 |
R60 000 - 2××(R12 000) |
= R36 000 |
| Aan die einde van Jaar 3 |
R60 000 - 3××(R12 000) |
= R24 000 |
| Aan die einde van Jaar 4 |
R60 000 - 4××(R12 000) |
= R12 000 |
| Aan die einde van Jaar 5 |
R60 000 - 5××(R12 000) |
= R0 |
Dit lyk baie soos die formule vir enkelvoudige rente:
Totale rente na n jaar
=
n
×
(
P
×
i
)
Totale rente na n jaar
=
n
×
(
P
×
i
)
(2)waar ii die jaarlikse persentasie rentekoers en PP die hoofsom of kapitaal is.
As ons die woord rente met die woord waardevermindering vervang, en die woord hoofsom met die woorde oorspronklike waarde, dan kan ons die formule gebruik:
Totale waardevermindering na n jaar
=
n
×
(
P
×
i
)
Totale waardevermindering na n jaar
=
n
×
(
P
×
i
)
(3)Dan is die boekwaarde van die bate na nn jaar:
Oorspronklike waarde
-
Totale waardevermindering na n jaar
=
P
-
n
×
(
P
×
i
)
=
P
(
1
-
n
×
i
)
Oorspronklike waarde
-
Totale waardevermindering na n jaar
=
P
-
n
×
(
P
×
i
)
=
P
(
1
-
n
×
i
)
(4)Byvoorbeeld, die boekwaarde van 'n motor na 2 jaar kan eenvoudig bereken word as volg:
Boekwaarde na
2
jaar
=
P
(
1
-
n
×
i
)
=
R
60
000
(
1
-
2
×
20
%
)
=
R
60
000
(
1
-
0
,
4
)
=
R
60
000
(
0
,
6
)
=
R
36
000
Boekwaarde na
2
jaar
=
P
(
1
-
n
×
i
)
=
R
60
000
(
1
-
2
×
20
%
)
=
R
60
000
(
1
-
0
,
4
)
=
R
60
000
(
0
,
6
)
=
R
36
000
(5)soos verwag is.
Let op die verskil tussen die enkelvoudige rente berekeninge en die enkelvoudige waardevermindering berekeninge: rente voeg waarde tot die oorspronklike bedrag by, terwyl waardevermindering die waarde laat daal!
'n Motor het 'n waarde van R240000240000 nou. As die waarde teen 'n tempo van 15%15% p.j. verminder met reglynige waardevermindering, wat is die motor na 5 jaar werd?
- Stap 1. Bepaal wat gegee is en wat benodig word :
P
=
R
240
000
i
=
0
,
15
n
=
5
A
word
benodig
P
=
R
240
000
i
=
0
,
15
n
=
5
A
word
benodig
(6)
- Stap 2. Bepaal hoe om die probleem te benader :
A
=
240
000
(
1
-
0
,
15
×
5
)
A
=
240
000
(
1
-
0
,
15
×
5
)
(7)
- Stap 3. Los die probleem op :
A
=
240
000
(
1
-
0
,
75
)
=
240
000
×
0
,
25
=
60
000
A
=
240
000
(
1
-
0
,
75
)
=
240
000
×
0
,
25
=
60
000
(8)
- Stap 4. Skryf die finale antwoord neer :
Oor 5 jaar is die motor R6000060000 werd.
'n Klein besigheid koop 'n fotokopieermasjien teen R12 000. Vir belastingopgawe verminder die eienaar die bate oor 3 jaar met die reglynige waardevermindering metode. Watter bedrag sal hy op die belastingsvorm invul na 1 jaar, na 2 jaar en dan na 3 jaar?
- Stap 1. Verstaan wat gevra word :
Die eienaar wil hê dat die waarde van die kopieermasjien na 3 jaar tot R0 verminder moet word. Dus, die waarde van die kopieermasjien sal met 12000÷3=R400012000÷3=R4000 per jaar verminder.
- Stap 2. Waarde van die kopieermasjien na 1 jaar :
12
000
-
4
000
=
R
8
000
12
000
-
4
000
=
R
8
000
- Stap 3. Waarde van die masjien na 2 jaar :
8
000
-
4
000
=
R
4
000
8
000
-
4
000
=
R
4
000
- Stap 4. Skryf die finale antwoord neer :
4
000
-
4
000
=
0
4
000
-
4
000
=
0
Na 3 jaar is die kopieermasjien niks werd nie.
As ons dieselfde voorbeeld van die motor met 'n oorspronklike waarde van R60 000 beskou, en veronderstel ons kan die motor aan die einde van 'n 5 jaar periode vir R10 000 verkoop. Ons noem hierdie bedrag die "Herwinningswaarde".
Ons veronderstel nogsteeds enkelvoudige waardevermindering oor 'n bruikbare tydperk van 5 jaar, maar in plaas van waardevermindering op die volle waarde van die bate, neem ons nou die herwinningswaarde in ag. Dus word waardevermindering bereken op die bedrag wat ons verwag om nie te verhaal nie, i.e. R60 000 - R10 000 = R50 000.
Die jaarlikse waardevermindering kan dan bereken word: (R60 000 - R10 000) / 5 = R10 000.
In die algemeen, die formule vir enkelvoudige (reglynige) waardevermindering is:
Jaarlikse waardevermindering
=
Oorspronklike waarde
-
Herwinningswaarde
Bruikbare leeftyd
Jaarlikse waardevermindering
=
Oorspronklike waarde
-
Herwinningswaarde
Bruikbare leeftyd
(9)- 'n Besigheid koop 'n vragmotor vir R560 000. Oor 'n tydperk van 10 jaar verminder die waarde (met die reglynige metode) van die vragmotor tot R0. Wat is die vragmotor na 8 jaar werd?
- Shrek wil sy oupa se donkie vir R800 koop. Sy oupa is te vrede met hierdie aanbod, aangesien die waarde van die donkie teen 3% per jaar, met die reglynige metode, verminder het. Sy oupa het die donkie 5 jaar terug gekoop. Wat het sy oupa oorspronklik vir die donkie betaal?
- Sewe jaar gelede het Rocco se dromstel hom R12 500. Dit is nou R2 300 werd. Watter koers van enkelvoudige waardevermindering word hierdeur voorgestel?
- Fiona koop 'n DStv satellietskottel vir R3 000. Weens verwering verminder die waarde daarvan enkelvoudig teen 15% per jaar. Hoe lank neem dit vir die skottel om geen waarde te hê nie?