Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Atoomkombinasies: kovalente binding en Lewis notasie

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

Affiliated with (What does "Affiliated with" mean?)

This content is either by members of the organizations listed or about topics related to the organizations listed. Click each link to see a list of all content affiliated with the organization.
  • FETChemie display tagshide tags

    This module is approved and included inLens: Siyavula: Chemie (Gr. 10-12)
    By: Siyavula

    Review Status: Approved

    Click the "FETChemie" link to see all content affiliated with them.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Kovalente binding

Aard van kovalente binding

Kovalente binding vind plaas tussen nie-metaal atome. Die buitenste orbitale van die atome oorvleuel sodat ongepaarde elektrone gedeel word in die orbitale van atome wat bind. Omdat die orbitale tydens binding oorvleuel, word die buitenste envergievlak van al die atome tydens binding gevul. Die elektrone wat gedeel word beweeg in orbitale rondom beide atome. Terwyl die elektrone beweeg is daar 'n aantrekking tussen die negatief-gelaaide elektrone en die positief gelaaide kern. Hierdie elektrostatiese krag hou die atome bymekaar wat by die kovalente binding betrokke is.

Definisie 1: Kovalente binding

Kovalente binding vind plaas wanneer elektronpare tussen atome gedeel word.

Hieronder volg enkele voorbeelde. Onthou dat slegs die valensie-elektrone by binding betrokke is. Wanneer diagramme geteken word om aan te dui wat tydens binding plaasvind, word slegs hierdie elektrone aangedui. Die elektrone in die verskillende atome word deur kruisies en sirkels aangedui.

Die onderstaande simmulasie laat jou toe om 'n eenvoudige kovalente molekule saam te stel.

Figuur 1
Figuur 1 (build-a-molecule-screenshot.png)
run demo

Oefening 1: Kovalente binding

Hoe bind waterstof- en chlooratome kovalent om 'n waterstofchloried molekule te vorm?

Oplossing
  1. Stap 1. Bepaal die elektronkonfigurasie van die atome wat bind:

    'n Chlooratoom het 17 elektrone met 'n elektronkonfigurasie van 1s22 2s22 2p66 3s22 3p55. 'n Waterstofatoom het net 1 elektron en 'n elektronkonfigurasie van 1s11.

  2. Stap 2. Bepaal die aantal valensie-elektrone vir elke atoom en hoeveel van hierdie elektone gepaar en ongepaar is:

    Chloor het 7 valensie-elektrone. Een van hierdie elektrone is ongepaar. Watertof het 1 valensie-elektron wat ongepaar is.

  3. Stap 3. Kyk hoe die elektrone tussen die atome gedeel kan word sodat die buitenste energievlakke van beide atome gevul is:

    Die waterstofatoom kort een elektron om sy valensieskil te vul. Die chlooratoom kort ook een elektron om sy valensieskil te vul. Gevolglik moet een paar elektrone tussen die twee atome gedeel word. Een elektron van die chlooratoom sal dus 'n gedeelte van die tyd om die waterstofatoom wentel sodat die waterstofatoom se valensieskil gevul is. Die waterstofatoom se elektron sal 'n gedeelte van die tyd om die chlooratoom wentel sodat die chlooratoom se valensieskil ook gevul is. Op hierdie manier word 'n watertofchloried molekule gevorm (Figuur 2). Let op na die gedeelde elektronpaar in die oorvleuelende orbitale.

    Figuur 2: Kovalente binding in 'n waterstofchloriedmolekule
    Figuur 2 (CG11C1_003.png)

Exercise 2: Meervoudige kovalente bindings

Hoe bind stikstof- en waterstofatome om 'n ammoniakmolekule te vorm (NH33)?

Solution
  1. Stap 1. Bepaal die elektronkonfigurasie van al die atome wat bind:

    'n Stikstofatoom het 7 elektrone met 'n 1s22 2s22 2p33 elektronkonfigurasie. 'n Waterstofatoom het sleg 1 elektron met 'n 1s11 elektronkonfigurasie.

  2. Stap 2. Bepaal die aantal valensie-elektrone van elke atoom en hoeveel van die elektrone gepaar en ongepaar is:

    Stikstof het 5 valensie-elektrone wat beteken dat 3 elektrone ongepaar is. Waterstof het 1 valensie-elektron wat ongepaar is.

  3. Stap 3. Kyk hoe elektrondeling tussen atome kan plaasvind sodat die buitenste energievlakke van al die atome gevul is:

    Elke waterstofatoom kort 1 elektron om sy valensie energievlak te vul. Die stikstofatoom kort 3 elektrone om sy valensie energievlak te vul. Dit kom daarop neer dat 3 elektronpare tussen die vier atome wat betrokke is, gedeel moet word. Die stikstofatoom sal 3 van sy elektrone deel sodat elke waterstofatoom 'n gevulde valensie energievlak het. Elektrondeling vind ook tussen elke waterstofatoom en die stikstofatoom plaas om sodoende sy valensie energievlak te vul(Figuur 3).

    Figuur 3: Kovalente binding in 'n ammoniakmolekule
    Figuur 3 (CG11C1_004.png)

Die voorafgaande voorbeelde wys hoe enkel kovalente bindings tussen twee atome gevorm word deur elektronpaardeling. Indien twee elektronpare tussen twee atome gedeel word, word 'n dubbelbinding gevorm. 'n Drievoudige binding word gevorm wanneer drie elektronpare gedeel word.

Exercise 3: Kovalente dubbelbinding

Hoe bind suurstof atome om 'n suurstofmolekule te vorm?

Solution
  1. Stap 1. Bepaal die elektronkonfigurasie van die atome wat bind:

    Elke suurstofatoom het 8 elektrone met 'n 1s22 2s22 2p44 elektronkonfigurasie.

  2. Stap 2. Bepaal die aantal valensie-elektrone van elke atoom en hoeveel van die elektrone gepaar en ongepaar is:

    Elke suurstofatoom het 6 valensie-elektrone wat beteken dat elke atoom 2 ongepaarde elektrone het.

  3. Stap 3. Kyk nou hoe die elektrone tussen die atome gedeel moet word sodat die buitenste energievlak van al die atome gevul is:

    Elke suurstofatoom benodig twee elektrone om sy valensie energievlak volledig te vul. Dit beteken dat twee elektronpare tussen die twee suurstofatome gedeel moet word sodat beide suurstofatome se valensie energievlak gevul is. Let daarop dat die twee elektronpare deur dieselfde twee atome gedeel word en dat ons daarna as 'n dubbelbinding verwys(figuur 4).

    Figuur 4: 'n Dubbel kovalente binding in 'n suurstofmolekule
    Figuur 4 (CG11C1_005.png)

Uit die voorafgaande voorbeelde sal jy agterkom dat die aantal elektrone wat by binding betrokke is van atoom na atoom verskil. Ons sê dat die atome se valensie verskil.

Definisie 2: Valensie

Die aantal elektrone in die buitenste energievlak van 'n atoom wat beskikbaar is om bindings met ander atome te vorm.

Die valensie van beide waterstof en chloor in die eerste voorbeeld is een en daarom word 'n enkelbinding tussen die twee atome gevorm. Stikstof, tweede voorbeeld, het 'n valensie van drie terwyl waterstof 'n valensie van een het. Dit beteken dat drie waterstofatome met een stikstofatoom moet bind. Daar is drie enkel kovalente bindings in 'n ammoniakmolekule. Die valensie van suurstof is twee in die derde voorbeeld. Dit beteken dat elke suurstofatoom twee bindings met 'n ander atoom sal kan vorm. Aangesien daar slegs een ander atoom in 'n suurstofmolekule (O22) is, word 'n dubbel kovalente binding tussen die twee atome gevorm.

leidraad:

Daar is 'n verwantskap tussend die valensie van 'n element en sy posisie op die Periodieke Tabel. Vir die hoofelemente in groepe 1 tot 4 is die valensie dieselfde as die groepnommer. Vir die hoofelemente in groepe 5 tot 7 word die valensie bereken deur die groepnommer van 8 af te trek. Byvoorbeeld, die valensie van fluoor (groep 7) is 8-7=1, terwyl die van kalsium (groep 2), 2 is. Omdat sommige elemente meer as een valensie kan hê, moet jy altyd versigtig wees wanneer jy 'n chemiese formule skryf. Wanneer meer as een valensie moontlik is, word die valensie tussen hakies na die betrokke element se simbool geskryf, bv. koolstof(IV)oksied, wat beteken dat koolstof 'n valensie van 4 in hierdie molekule het.

Kovalente binding en valensie

  1. Verduidelik die verskil tussen die valensie-elektrone en die valensie van 'n element.
  2. Voltooi die tabel hieronder deur die aantal valensie-elektrone en die valensie vir elk van die elemente in te vul:
    Tabel 1
    ElementAantal valensie-elektroneAantal elektrone om die buite energievlak te vulValensie
    F   
    Ar   
    C   
    N   
    O   
  3. Teken eenvoudige diagramme om aan te dui hoe die elektrone in die volgende kovalente molekules gerangskik:
    1. Water (H22O)
    2. Chloor (Cl22)

Lewis-notasie en molekulêre strukture

Alhoewel ons diagramme gebruik het om die struktuur van molekules aan te dui, is daar ook ander vorms van notasies wat gebruik kan word, soos byvoorbeeld die Lewis-notasie en Couper-notasie. In die geval van die Lewis-notasie word kolle en kruisies gebruik om die valensie-elektrone van die verskillende atome aan te toon. Die chemiese simbool van die element verteenwoordig die kern en die binne-elektrone van die atoom.

Die waterstofatoom, byvoorbeeld, word as volg aangetoon:

Figuur 5
Figuur 5 (CG11C1_006.png)

'n Chlooratoom sal soos volg lyk:

Figuur 6
Figuur 6 (CG11C1_007.png)

'n Waterstofchloriedmolekule word as volg aangedui:

Figuur 7
Figuur 7 (CG11C1_008.png)

Die kol en kruis tussen die twee atome verteenwoordig die elektronpaar wat in die kovalente binding gedeel word.

Exercise 4: Lewis notasie: Eenvoudige molekules

Maak van die Lewis-notasie gebruik om die kovalente bindings in H2OH2O voor te stel

Solution

  1. Stap 1. Bepaal die aantal valensie-elektrone vir elke atoom en stel dit onderskeidelik as kruisies of kolletjies voor:

    Die elektron-konfigurasie van watertof is 1s11 en die elektron-konfigurasie van suurstof is 1s22 2s22 2p44. Elke waterstofatoom het een valensie-elektron terwyl 'n suurstofatoom ses valensie-elektrone het waarvan twee ongepaar is.

    Figuur 8
    Figuur 8 (CG11C1_009.png)
  2. Stap 2. Rangskik die elektrone op so 'n manier dat die buitenste energievlakke van elke atoom gevul is:

    Die watermolekule word hieronder getoon.

    Figuur 9
    Figuur 9 (CG11C1_010.png)

Exercise 5: Lewis-notasie: Molekules met veelvoudige bindings

Maak van die Lewis-notasie gebruik om 'n HCN molekule voor te stel

Solution

  1. Stap 1. Bepaal die aantal valensie-elektrone van elke atoom vanaf die atoom se elektron-konfigurasie:

    Die elektron-konfigurasie van waterstof is 1s11, stikstof se elektron-konfigurasie is 1s22 2s22 2p33 en die van koolstof is 1s22 2s22 2p22. Dit beteken dat waterstof een valensie-elektron het wat ongepaar is, koolstof het vier valensie-elektrone wat almal ongepaar is en stikstof het vyf valensie-elektrone waarvan drie ongepaar is.

    Figuur 10
    Figuur 10 (CG11C1_011.png)
  2. Stap 2. Rangskik die elektrone in die HCN molekule sodat die buitenste energievlak in elke atoom gevul is:

    Die HCN molekule word hieronder voorgestel. Let daarop dat drie elektronepare tussen die koolstof- en stikstofatome gedeel word. Omdat hierdie drie kovalente bindings tussen dieselfde twee atome betaan, word dit 'n drievoudige binding genoem.

    Figuur 11
    Figuur 11 (CG11C1_012.png)

Exercise 6: Lewis-notasie: Atome met veranderlike valensies

Maak van die Lewis-notasie gebruik om H22S voor te stel

Solution

  1. Stap 1. Bepaal die aantal valensie-elektrone van elke atoom:

    Waterstof se elektron-konfigurasie is 1s11 terwyl die van swawel 1s22 2s22 2p66 3s22 3p44 is. Elke waterstofatoom het een valensie-elektron wat ongepaar is. Swawel het ses valensie-elektrone. Alhoewel swawel 'n veranderlike valensie het, weet ons dat swawel twee bindings met die waterstofatome kan vorm. In hierdie geval moet die valensie van swawel twee wees.

    Figuur 12
    Figuur 12 (CG11C1_013.png)
  2. Stap 2. Rangskik die atome in die molekule sodat die buitenste energievlak van elke atoom gevul is :

    Die H22S molekule word hieronder vertoon.

    Figuur 13
    Figuur 13 (CG11C1_014.png)

'n Ander manier om 'n molekule voor te stel is om die Couper-notasie te gebruik. In hierdie geval word slegs daardie elektrone wat by bindings tussen atome betrokke is aangedui. 'n Lyn word gebruik om elektronpaardeling en dus elke kovalente binding tussen twee atome voor te stel. Met die gebruik van Couper-notasie kan die volgende voorstellings vir water en HCN molekules in figure figuur 14 en figuur 15 hieronder gemaak word.

Figuur 14: Voorstelling van 'n watermolekule met behulp van Couper-notasie
Figuur 14 (CG11C1_015.png)
Figuur 15: Voorstelling van 'n HCN molekule met behulp van Couper-notasie
Figuur 15 (CG11C1_016.png)

Datiewe kovalente bindings

'n Datief kovalente binding (ook bekend as 'n gekoördineerde kovalente binding)is die beskrywing van 'n kovalente binding tussen twee atome waar beide elektrone wat in die binding gedeel word, afkomstig is vanaf een van die twee atome. Dit gebeur wanneer 'n Lewis basis ('n elektron donor) 'n elektronpaar aan 'n Lewis suur (elektron akseptor) doneer. Lewis sure en basisse word in (Verwysing) hoofstuk (Verwysing) bespreek.

Een voorbeeld van 'n molekule wat 'n datief kovalente binding beval is die ammonium ioon (NH4+4+) wat in die figuur hieronder vertoon word. Omdat die waterstofioon H++ géén elektrone bevat nie, kan die elektronpaar wat by die binding wat tussen die waterstofioon en die stikstofatoom betrokke is slegs van die stikstofatoom afkomstig wees.

Figuur 16
Figuur 16 (CG11C1_017.png)

Atomiese binding en Lewis-notasie

  1. Maak 'n voorstelling van elk van die volgende atome met behulp van die Lewis-notasie:
    1. berillium
    2. kalsium
    3. litium
  2. Maak 'n voorstelling van elk van die volgende molekules met behulp van die Lewis-notasie:
    1. broomgas (Br22)
    2. koolstofdioksied (CO22)
  3. Watter van die twee molekules wat hierbo vertoon word bevat 'n dubbelbinding?
  4. Twee chemiese reaksies word hieronder beskryf.
    • stikstof en waterstof reageer om NH33 te vorm
    • koolstof en waterstof bind om 'n CH44 molekule te vorm
    Verskaf vir elke reaksie:
    1. die valensie van elke atoom wat by die reaksie betrokke is
    2. die Lewis-struktuur van die produk wat gevorm word
    3. die chemiese formule van die produk
    4. die naam van die produk
  5. 'n Chemiese verbinding het die volgende Lewis-notasie:
    Figuur 17
    Figuur 17 (CG11C1_018.png)
    1. Hoeveel valensie-elektrone het element Y?
    2. Wat is die valensie van element Y?
    3. Wat is die valensie van element X?
    4. Hoeveel kovalente bindings is daar in die molekule?
    5. Benaam elemente X en Y.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks