Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Atoomkombinasies: oksidasiegetalle

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

Affiliated with (What does "Affiliated with" mean?)

This content is either by members of the organizations listed or about topics related to the organizations listed. Click each link to see a list of all content affiliated with the organization.
  • FETChemie display tagshide tags

    This module is approved and included inLens: Siyavula: Chemie (Gr. 10-12)
    By: Siyavula

    Review Status: Approved

    Click the "FETChemie" link to see all content affiliated with them.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Oksidasiegetalle

Wanneer chemiese reaksies plaasvind, vind daar 'n uitruiling van eletrone plaas. Oksidasie is die verlies van elektrone vanaf 'n atoom, terwyl reduksie die wins van elektrone vir 'n atoom is. Deur 'n oksidasiegetal aan elemente te gee, kan daar maklik gesien word of daardie element elektrone verloor of wen tydens 'n chemiese reaksie. Die verlies aan elektrone in een deel van die reaksie moet uitgebalanseer word deur die wins aan elektrone in 'n ander deel van die reaksie.

Definisie 1: Oksidasiegetal

'n Eenvoudige manier om 'n oksidasiegetal te verduidelik, is om te sê dat dit dieselfde is as die lading wat 'n atoom sou gehad het indien dit in 'n ioniese verbinding was.

Daar is 'n paar reëls wat jy moet weet oor oksidasiegetalle. Hierdie reëls sal waarskynlik nie dadelik sin maak nie, maar na jy 'n paar voorbeelde gedoen het, sal die reëls se betekenis begin duidelik word.

  1. Reël 1: 'n Element se oksidasiegetal is altyd nul, aangesien 'n element neutraal is. In die reaksie H2+Br22HBrH2+Br22HBr, is die oksidasiegetalle van beide waterstof en broom aan die linkerkant van die vergelyking nul.
  2. Reël 2: In die meeste gevalle het 'n atoom in 'n molekule 'n oksidasiegetal met dieselfde numeriese waarde as die atoom se valensie.
  3. Reël 3: Monoatomiese ione se oksidasiegetal is gelyk aan die lading op die ioon. Die chloriedioon Cl-Cl- se oksidasiegetal is -1, en die magneisumioon Mg2+Mg2+ se oksidasiegetal is +2.
  4. Reël 4: In 'n molekule is die oksidasiegetal van die hele molekule nul, tensy daar 'n lading op die molekule is. In daardie geval is die oksidasiegetal van die molekule gelyk aan die lading.
  5. Reël 5: Gebruik 'n tabel van elektronegatiwiteite om te bepaal om 'n atoom 'n positiewe of negatiewe oksidasiegetal het. In water, byvoorbeeld, is suurstof meer elektronegatief as waterstof. Suurstof trek dus elektrone sterkter aan en sal 'n negatiewe oksidasiegetal (-2) hê. Waterstof sal 'n positiewe oksidasiegetal (+1) hê.
  6. Reël 6: 'n Suurstofatoom se oksidasiegetal is gewoonlik -2, alhoewel dit in sommige gevalle -1 kan wees.
  7. Reël 7: Die oksidasiegetal van waterstof is gewoonlik +1, alhoewel dit in sommige gevalle -1 kan wees.
  8. Reël 8: Die oksidasiegetal van die halogene is gewoonlik -1.

leidraad:

Jy sal oplet dat die oksidasiegetal van 'n atoom dieselfde is as sy valensie. Die elektronegatiwiteite van die atome wat betrokke is, bepaal of die oksidasiegetalle positief of negatief is.

Oefening 1: Oksidasiegetalle

Gee die oksidasiegetalle van die die atome in die reaksie tussen natrium en chloor om natriumchloried te vorm.

N a + C l N a C l N a + C l N a C l

Solution

  1. Stap 1. Bepaal watter atoom 'n positiewe en watter atoom 'n negatiewe oksidasiegetal sal hê :

    Natrium sal 'n positiewe en chloor sal 'n negatiewe oksidasiegetal hê.

  2. Stap 2. Bepaal die oksidasiegetal vir elke atoom :

    Natrium (groep 1) se oksidasiegetal sal +1 wees. Chloor (groep 7) se oksidasiegetal sal -1 wees.

  3. Stap 3. Maak seker dat die oksidasiegetalle optel na die lading op die molekule :

    In die vergelyking Na+ClNaClNa+ClNaCl, is die totale lading op die NaCl molekule +1-1=0. Dit is dus korrek, aangesien NaCl neutraal is. Dit beteken dat, in 'n NaCl molekule, natrium se oksidasiegetal +1 is, en chloor se oksidasiegetal -1 is. Die oksidasiegetal van natrium en chloor (aan die linkerkant van die vergelyking) is nul, aangesien hulle elemente is.

Oefening 2: Oksidasiegetalle

Gee die oksidasiegetalle vir al die atome in die reaksie tussen watestof en suurstof wat water gee. Die ongebalanseerde vergelyking word hieronder gegee:

H 2 + O 2 H 2 O H 2 + O 2 H 2 O

Solution

  1. Stap 1. Bepaal watter atoom 'n positiewe en watter atoom 'n negatiewe oksidasiegetal sal hê :

    Waterstof sal 'n positiewe en suurstof sal 'n negatiewe oksidasiegetal hê.

  2. Stap 2. Bepaal die oksidasiegetal vir elke atoom :

    Waterstof (groep 1) se oksidasiegetal sal +1 hê. Suurstof (groep 6) se oksidasiegetal sal -2 wees.

  3. Stap 3. Maak seker dat die oksidasiegetalle optel na die lading op die molekule :

    In die vergelyking H2+O2H2OH2+O2H2O, is die oksidasiegetalle vir waterstof en suurstof (aan die linkerkant van die vergelyking) nul, aangesien hulle elemente is. Die som van die oksidasiegetalle in die watermolekule is 2(+1)-2=0. Dit is dus korrek, aangesien die oksidasiegetal van water nul is. In water het waterstof dus 'n oksiedasiegetal van +1, en suurstof het 'n oksidasiegetal van -2.

Oefening 3: Oksidasiegetalle

Gee die oksidasiegetal van swawel in 'n sulfaatioon (SO42-SO42-)

Solution

  1. Stap 1. Bepaal watter atoom 'n positiewe en watter atoom 'n negatiewe oksidasiegetal sal hê :

    Swawel sal 'n positiewe en suurstof sal 'n negatiewe oksidasiegetal hê.

  2. Stap 2. Bepaal die oksidasiegetal vir elke atoom :

    Suurstof(groep 6) se oksidasiegetal sal -2 wees. Die oksidasiegetal van swawel is op hierdie stadium nog onbekend.

  3. Stap 3. Bepaal die oksidasiegetal van swawel deur daaraan te dink die die oksidasiegetal van die atome gelyk moet wees aan die lading op die molekule :

    In die poliatomiese SO42-SO42- ioon, is die som van die oksidasiegetalle -2. Aangesien daar vier suurstofatome in die ioon is, is die totale lading as gevolg van die suurstofatome -8. As die totale lading op die ioon -2 is, moet die oksidasiegetal van die swawel +6 wees.

Oksidasiegetalle

  1. Gee die oksidasiegetalle vir elke element in die volgende chemiese verbindings:
    1. NO22
    2. BaCl22
    3. H22SO44
  2. Gee die oksidasiegetalle vir die reaktante en produkte in elkeen van die volgende reaksies:
    1. C+O2 CO 2C+O2 CO 2
    2. N2+3H22 NH 3N2+3H22 NH 3
    3. Magnesiummetaal brand in suurstof

Opsomming

  • 'n Chemiese binding is die fisiese proses wat veroorsaak dat atome en molekules na mekaar aangetrek word en in nuwe verbindings bymegaar gehou word.
  • Atome is meer reaktief, en dus meer geneig om bindings te vorm, as hulle buitenste elektronorbitale nie gevul is nie. Atome is minder reaktief wanneer die buitenste orbitale die maksimum moontlike aantal elektrone bevat. Dit verduidelik waarom die edelgasse nie met hulself of met ander atome kombineer om molekules te vorm nie.
  • Daar is 'n aantal kragte wil tussen atome uitgeoefen word: aantrekkende kragte tussen die positief gelaaide kern van die een atoom en die negatief gelaaide elektrone van die ander atoom, afstotende kragte tussen twee atome se elektrone en afstoting tussen twee atome se positief gelaaide kerne.
  • Chemiese binding vind plaas wanneer die energie van die sisteem op die laagste punt is.
  • Bindingslengte is die afstand tussen die kerne van die atome wanneer die binding plaasvind.
  • Bindingsenergie is die energie wat by die sisteem gevoeg moet word die bindings om weer te breek.
  • Wanneer atome bind word elektrone óf gedeel óf oorgedra.
  • Kovalente binding vind plaas tussen die atome van nie-metale. In kovalente bindings word elektrone gedeel sodat die buitenste energievlakke van die atome gevul is.
  • Die valensie van 'n atoom is die aantal elektrone in die buitenste energievlak. Valenselektrone kan bindings vorm met ander atome.
  • 'n Dubbelbinding of trippelbinding vind plaas wanneer twee of drie elektronpare tussen dieselfde twee atome gedeel word.
  • 'n Datief kovelente binding is 'n binding tussen twee atome waar beide die atome wat in die binding gedeel word, van dieselfde atoom af kom.
  • Die Lewis- en Couper-notasies is twee maniere om molekulêre strukture voor te stel. In Lewis-notasie word kolle en kruisies gebruik in die valenselektrone rondom die sentrale atoom voor te stel. In Couper-notasie word strepies gebruik om die bindings tussen die atome voor te stel.
  • Eletronegatiwiteit meet hoe sterk 'n atoom elektrone na die atoom toe aantrek.
  • Elektronegatiwiteit kan gebruik word om die verskil tussen twee tipes kovalente bindings te verduidelik: polêre kovalente bindings (tussen nie-identiese atome) en nie-polêre kovalente bindings (tussen identiese atome).
  • 'n Ioniese binding vind plaas tussen atome wat se elektronegatiwiteit met meer as 1.7 verskil. 'n Oordrag van elektrone van dan plaas en die atome word bymekaar gehou deur die elektrostatiese krag tussen die twee teenoorgestelde gelaaide ione.
  • Ioniese vaste stowwe is in 'n kristalrooster gerangskik.
  • Ioniese verbindings het 'n aantal spesifieke eienskappe, wat hoë smeltpunte en kookpunte, brosheid en die vermoë van ioniese oplossings om elektrisiteit te gelei insluit.
  • 'n Metaalbinding is die eletrostatiese aantrekking tussen die positief gelaaide kerne van metaalatome en die gedelokaliseerde elektrone in die metaal.
  • Metale het ook 'n aantal spesifieke eienskappe, wat hulle vermoë om elektrisiteit en hitte te gelei, hulle glans, smeebaarheid en hulle hoë smeltpunt en digtheid insluit.
  • Die valensie van atome en die manier hoe hulle bind kan gebruik word om die chemiese formules van verbindings te bepaal.
  • Die vorm van molekules kan met behulp van die VSEPR-model bepaal word. Hierdie model gebruik die rangskikking van elektrone rondom die sentrale atoom om die mees waarskynlike vorm van die molekule te bepaal.
  • Oksidasiegetalle word gebruik om vas te stel om 'n atoom 'n wins of 'n verlies aan elektrone tydens 'n chemiese reaksie gehad het.

Opsommingsoefening

  1. Gee een woord/term vir elkeen van die volgende beskrywings.
    1. Die afstand tussen die kerne van twee atome in 'n molekule.
    2. 'n Tipe chemiese binding waar die oordrag van elektrone van een atoom na 'n ander plaasvind.
    3. Die vermoë van 'n atoom om elektrone na die atoom toe aan te trek.
  2. Watter EEN van die volgende verduidelikings beskryf die binding wat gevorm word tussen 'n H++ ioon en 'n NH33 molekule?
    1. Kovalente binding
    2. Datief kovalente binding
    3. Ioniese Binding
    4. Waterstofbinding
  3. Verduidelik elkeen van die volgende terme:
    1. valensie
    2. bindingsenergie
    3. kovalente binding
  4. Watter een van die volgende die reaksies sal nie plaasvind nie? Verduidelik jou antwoord.
    1. H+HH2H+HH2
    2. Ne + Ne Ne 2 Ne + Ne Ne 2
    3. Cl + Cl Cl 2 Cl + Cl Cl 2
  5. Teken die Lewisstruktuur vir elkeen van die volgende:
    1. kalsium
    2. jodium
    3. waterstofbromied (HBr)
    4. stikstofdioksied (NO22)
  6. Gegee die volgende Lewisstruktuur, waar X en Y twee verskillende elemente voorstel...
    Figuur 1
    Figuur 1 (CG11C1_027.png)
    1. Wat is die valensie van X?
    2. Wat is die valensie van Y?
    3. Watter elemente sou X en Y kon voorstel?
  7. 'n Etaanmolekule het die volgende formule C22H66. Watter een van die volgende diagramme (Couper-notasie) is korrek vir hierdie molekule?
    Figuur 2
    Figuur 2 (CG11C1_028.png)
  8. Kaliumdichromaat word in water opgelos.
    1. Gee die naam en chemiese formule vir elkeen van die ione in die oplossing.
    2. Wat is die chemiese formule vir kaliumdichromaat?
    3. Gee die oksidasiegetal vir elke element in kaliumdichromaat.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks