Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Finansiële wiskunde: Vind i en n

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

Affiliated with (What does "Affiliated with" mean?)

This content is either by members of the organizations listed or about topics related to the organizations listed. Click each link to see a list of all content affiliated with the organization.
  • FETWisk display tagshide tags

    This module is approved and included inLens: Siyavula: Wiskunde (Gr 10 - 12)
    By: Siyavula

    Review Status: Approved

    Click the "FETWisk" link to see all content affiliated with them.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Vind die waarde van ii

Op hierdie stadium in jou studies van finansies in wiskunde het jy nog altyd geweet watter rentekoers om in jou berekeninge te gebruik, asook vir watter tydperk die belegging of lening sal duur. Tot nou toe het jy 'n bekende beginpunt gehad en die toekomstige waarde is bereken, of alternatiewelik het jy die toekomstige waarde gehad om mee te begin en jy moet die huidige waarde bereken.

Daar is egter ander vrae wat jy ook kan vra:

  1. Ek wil R2 500 leen van my buurvrou wat gesê het dat ek haar binne 8 maande R3 000 kan terugbetaal. Hoeveel rente vra my buurvrou moet aan haar betaal?
  2. Ek sal oor 1,5 jaar R450 benodig vir universiteitshandboeke. Ek het tans R400. Watter rentekoers moet ek verdien om hierdie mikpunt te behaal?

Elke keer wanneer jy iets sien wat jy voorheen nog nie gesien het, begin altyd met die basiese vergelyking wat alreeds bekend is aan jou.

A = P · ( 1 + i ) n A = P · ( 1 + i ) n
(1)

Indien hierdie 'n algebraïese probleem was en jy word gevra om “die waarde van ii te vind", dan sal jy die volgende moet kan bewys:

A P = ( 1 + i ) n ( 1 + i ) = ( A P ) 1 / n i = ( A P ) 1 / n - 1 A P = ( 1 + i ) n ( 1 + i ) = ( A P ) 1 / n i = ( A P ) 1 / n - 1
(2)

Jy het nie nodig op hierdie afgeleide vergelyking te memoriseer nie, dit is maklik genoeg om dit af te lei wanneer jy dit sal nodig kry!

Kom ons kyk na die twee voorbeelde wat hier bo genoem is.

  1. Maak seker dat jy saamstem dat PP=R2 500, AA=R3 000, nn=8/12=0,666667. Dit beteken dat:
    i=(R3000R2500)1/0,666667-1=31,45%i=(R3000R2500)1/0,666667-1=31,45%
    (3)
    O, aarde!! Daardie is verseker nie 'n baie vrygewige buurvrou van jou nie.
  2. Maak seker dat PP=R400, AA=R450, nn=1,5
    i=(R450R400)1/1,5-1=8,17%i=(R450R400)1/1,5-1=8,17%
    (4)
    Hierdie beteken dat solank jy 'n bank vind wat meer rente betaal as 8,17%, sal jy die geld hê wat jy benodig!

Let op dat in beide voorbeelde druk ons nn uit as 'n aantal jare (812812 jare, nie 8 nie omdat dit die aantal maande is) wat beteken dat die jaarlikse rentekoers is ii. Hou altyd die volgende in gedagte - hou die jare by die jare om onnodige foute uit te skakel.

Vind die waarde van ii

  1. 'n Masjien kos R45 000 en het 'n skrootwaarde (waarde waarteen die masjien afgeskryf word) van R9 000 na 10 jaar. Bepaal die jaarlikse waardeverminderingskoers as dit bereken word op die verminderdesaldo-metode.
  2. Na 5 jaar het die belegging verdubbel in waarde. Teen watter jaarlikse koers is die rente saamgestel?

Vind nn - Toets en Probeer

Jy behoort nou die patroon raak te sien. Ons het die standaard formule wat 'n verskeidenheid van veranderlikes bevat:

A = P · ( 1 + i ) n A = P · ( 1 + i ) n
(5)

Ons het AA opgelos (in Graad 10), PP (in "Verteenwoordig Waardes of Toekomstige Waardes van 'n Belegging of Lening") en ii (in "Vind die waarde van i"). Nou gaan ons nn oplos. Met ander woorde, as ons weet wat die waarde van die geld is in die begin en hoeveel dit vermeerder, en as ons weet watter rentekoers van toepassing is - dan kan ons bereik hoe lank die geld belê moet word vir die geldsake om te klop.

Hierdie afdeling sal nn bereken deur toets en probeer en deur gebruik te maak van 'n sakrekenaar. Die behoorlike algebraïese oplossing sal in Graad 12 geleer word.

Wanneer ons nn oplos, kan ons die volgende skryf:

A = P ( 1 + i ) n A P = ( 1 + i ) n A = P ( 1 + i ) n A P = ( 1 + i ) n
(6)

Nou moet ons die betrokke getalle bestudeer om te probeer om vas te stel wat die waarde van nn is. Verwys na ons Graad 10 notas vir metodes hoe om nn te vind.

Oefening 1: Beleggingstermyn - Toets en Probeer

Ons belê R3 500 in 'n spaarrekening wat 7,5% saamgestelde rente betaal vir 'n onbekende tydperk, teen die einde van hierdie tydperk is daar R4 044,69 in die rekening. Vir hoe lank is die geld belê?

Oplossing

  1. Stap 1. Stel vas wat is gegee en wat word gevra :
    • PP=R3 500
    • ii=7,5%
    • AA=R4 044,69

    Ons word gevra om nn te vind.

  2. Stap 2. Stel vas hoe die probleem benader moet word :

    Ons weet die volgende:

    A = P ( 1 + i ) n A P = ( 1 + i ) n A = P ( 1 + i ) n A P = ( 1 + i ) n
    (7)
  3. Stap 3. Los die probleem op :
    R 4 044 , 69 R 3 500 = ( 1 + 7 , 5 % ) n 1 , 156 = ( 1 , 075 ) n R 4 044 , 69 R 3 500 = ( 1 + 7 , 5 % ) n 1 , 156 = ( 1 , 075 ) n
    (8)

    Dis nou die tyd om die sakrekenaar uit te haal en 'n paar waardes vir nn te probeer.

    Tabel 1
    Moontliknn 1 , 075 n 1 , 075 n
    1,0 1,075
    1,5 1,115
    2,0 1,156
    2,5 1,198

    Ons sien dat nn is naastenby 2.

  4. Stap 4. Skryf die finale antwoord:

    Die R3 500 is belê vir omtrent 2 jaar .

Vind nn - Toets en Probeer

  1. 'n Maatskappy koop twee tipes motorvoertuie: Die Acura kos R80 600 en die Brata R101 700 BTW ingesluit. Die Acura verminder waarde teen 15,3% per jaar, jaarliks saamgestel, en die Brata teen 19,7% per jaar, ook jaarliks saamgestel. Na hoeveel jaar sal die boekiewaarde van die twee modelle dieselfde wees?
  2. Die petrol in die tenk van 'n vragmotor verminder elke minuut teen 5,5% van die hoeveelheid in die tenk teen daardie tydstip. Bereken na hoeveel minute daar minder as 30l30l in die tenk sal wees as daar oorspronklik 200l200l in die tenk was.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks